Handevat

Bou 'n Christus gebasseerde roeping vir Afrika

Wat is die Here se wil vir ons vir vandag hier in die Suidpunt
van Afrika? Hoe lyk Sy wil in verskillende omstandighede?

Wednesday, November 17, 2010

Visie konferensie in Stellenbosch 14-17 Februarie

Picture
Die konferensie se doel is om die kerk wakker te maak, toe te rus en te mobiliseer om:

Te ontdek
God se visie wat gebore word uit Sy goedheid. Sy visie van vrede vervulling en die lewe in Volheid in alle aspekte van die lewe. Deur Christus genoem die “Koninkryk van God”.

Die transformasie proses waarmee God besig is.

Aanvaar
'n Bybelse wêreldbeeld wat uitgeleef kan word en so die waarheid, goedheid, en mooiheid in alle sfere van die lewe in te dra.

Beoefen
en leef uit 'n gestuurde hart deur God in ons geskep. Sien hoe die seer van opoffering gemeenskappe en kerke transformeer en mooi maak. Beleef trane van seer en blydskap soos God se plan deur ons ontvou en Bewonder die goeie hart van God.

Probleem
Afrika, ten spyte van 'n ryk erfenis, is 'n gebroke kontinent vol armoede, siekte, korrupsie en konflik. Ontwikkelingspogings het gereeld probeer om opheffing te doen met baie min sukses en selfs negatiewe sukses. Die vrugte van talle sending pogings het soms uitgeloop op mense wat 'n ekstra boei van religie ontvang het. Kerk het soms meer kom bind as vry gemaak. Animistiese denke van fatalisme veroorsaak 'n kontinent wat dikwels nie hoop het nie. Mense is slagoffers van die wil van die geesteswêreld asook van die natuur.

Die kerk het dikwels net die geestelike dimensie van mense aangespreek en word al meer as irrelevant vir die gemeenskap gesien ten spyte van 'n geweldige groei in lidmate die laaste 20 jaar.

Die kerk se geweldige potensiaal van die kerk lê dikwels nog onontdek.
Picture
Oplossing
Die kerk as aangestelde agent van God vir sosiale en kulturele transformasie is die oplossing. Die kerk is seker die grootste institusie in die gemeenskap met lidmate in elke sfeer van die gemeenskap. (kuns, besigheid, regering, opvoeding, ens). Dit is veral waar in Afrika waar daar ongeveer vier Miljoen kerke bestaan en wat 50% van die gemeenskap insluit.

Picture
Hiervoor het die kerk egter toerusting nodig met 'n lewende visie. Kom ons werk saam met die groep van Afrika mense wat van 1999 besig is om juis dit te doen.

Die konferensie help mense in Afrika nie net met 'n visie nie, maar ook met eenvoudige metodiek en opbou van persone om transformasie agente van God in hulle gemeenskap te word. Die toerusting word ook prakties toegepas, maak nie saak hoe arm mense is nie. Die klem word op die transformasie van denkpatrone en bring 'n Christelike wêreldbeeld as die oplossing vir holistiese transformasie.

Noord-Oos Mosambiek

Picture
Die gebied was altyd nog baie geïsoleerd. Die evangelie het eers in 1930 bekend geword op 'n beperkte skaal. Vandag is daar nog ongeveer 'n 4 miljoen onbereikte mense in die gebied. Van die kerke wat wel bestaan erken dat die evangelie nog nie 'n verskil gemaak het aan die tradisionele denkpatroon nie. In die Gereformeerde kerk is die proses van toerusting noual vir 2 jaar aan die gang en kan mens reeds talle resultate sien. Die proses waarin Handevat streef, is om oor 'n tydperk van 10 jaar die Bybelse wêreldbeeld, met visie konferensies wat aangepas is vir die omstandighede van Noord-Oos Mosambiek, te help vestig.

Die gereformeerde kerk stel die konferensies oop vir enige kerk en die proses word dus wyer as die kerk aangebied

Uitkomste
Die verstaan van die proses in die kerk in Mosambiek sodat almal betrokke die geleentheid het om dit te ondersteun.

Eie groei in 'n Bybelse wêreldbeeld.

Groei in die kerk in RSA.

No comments:

Post a Comment