Handevat

Bou 'n Christus gebasseerde roeping vir Afrika

Wat is die Here se wil vir ons vir vandag hier in die Suidpunt
van Afrika? Hoe lyk Sy wil in verskillende omstandighede?

Wednesday, November 17, 2010

Jeugwerk in Mosambiek

Picture
Behoefte
Die Geref Kerk in Mosambiek het vir 'n dag lank oor die nood vir jeugwerk gepraat. Die 300 kerkies sit Sondae vol met jeug wat meestal net deelneem aan kore, maar wat verder nie geleentheid tot groei het nie. Daar is 'n nood aan begeleiding van die jeug om God se bedoeling vir hulle te ontdek en uit te leef.

Die kerk het 'n huis en voertuig beskikbaar vir 'n voltydse sendeling. Die kerk vra vir 'n sendeling wat hulle kan help vestig aan 'n Sondagskool program en jeugprogram op sinodale vlak. Verder sal hulle bly wees as die persoon ook kan help om die geletterdheidskantoor se bedrywighede te help konsulteer.

Picture
Vorige projek
Daar was voorheen 'n projek vir die jeug waar jeug van RSA saam met jeug van Mosambiek al die kerkie besoek het en opleiding gegee het vir 'n paar dae. Die effek van so 'n eenmalige uitreik was nie baie groot nie. Daarna was 'n sendeling gestuur om ook elke gemeente te besoek saam met plaaslike jeug en programme aan te bied. Dit was egter nie volhoubaar nie.

Picture
Plaaslike inisiatief
Uit die kerk se jeug het inisiatiewe begin met veral weeskinders en op vlak van Sondagskool. Die inisiatiewe was baie opwindend, maar bereik kinders op baie kort termyn en ook net op 'n paar fokus punte. Dit is egter 'n geleentheid wat gebruik kan word.
In 'n laaste besprek met die jeugleiers (het 'n video oor hulle boodskap aan RSA), het ek gesien dat daar werklike begeleiding nodig is om hulle inisiatief verder te vat. Daar is 'n tekort aan 'n bybelse fondasie.

Picture
Hier is van die kinders besig met 'n drama. Twee paddas spring na Noag se ark!
Droom
Ek sien 'n gemeente of groep in RSA wat die jeugwerk in Mosambiek onder die 300 kerkies op die hart sal dra en die kerk sal help begelei om daarvan 'n sukses te maak. Eienaarskap behoort aan die kerk, maar het net begeleiding nodig om 'n volhoubare jeugwerk op die been te kry. Die groep kan 'n voltydse sendeling stuur of 'n persoon of persone een of twee keer 'n jaar opstuur om saam met die kerk die pad te loop. Daar is dan ook 'n sendeling wat belangstel om te gaan en die groep kan dan saam met die sendeling die uitdaging aanvaar.
Volgende stap
Kontak my indien u of u gemeente of groep belangsel om betrokke te raak. Dan kyk ons of daar genoeg belangstellendes is om 'n gesamentlike gesprek te reel.

No comments:

Post a Comment