Handevat

Bou 'n Christus gebasseerde roeping vir Afrika

Wat is die Here se wil vir ons vir vandag hier in die Suidpunt
van Afrika? Hoe lyk Sy wil in verskillende omstandighede?

Monday, September 6, 2010

Subsidies vir Dominees in Mosambiek

Ek sit die adresse die keer nie in BCC. Van volgende keer af sal ek dit doen.

So nou en dan het Handevat projek die behoefte om menings te meet aan ander mense. EK het die lys gekies om dit te doen. Vir julle wat belangstel en tyd het, julle insette is waardevol.

As ek jou adres moet afhaal van die lys, laat weet gerus. Indien daar ander adresse is van mense wat ook sal belangstel, laat weet gerus ook.

Ek deel net die volgende gesprek. Ek het dit baie opgesom om te wys op een van die groot uitdagings vir die Tumbine sinode en dalk ook vir ander gebiede. Hierdie gesrpek het plaasgevind tydens die laaste sinode sitting.

Die finansiele kommittee het 'n bedrag daar gestel as 'n bedrag waarop die dominees kan oorleef. Dit is 3400 Mt. (wat minder is as wat Aubie kry). Die ouderlinge het dadelik gereageer en gese dat dit te veel is. Hulle is arm en die dominees moet op dieselfde vlak lewe as hulle. Meeste van die dominees wat gepraat het, het die bedrag goedgekeur en die meeste ouderlinge wat gepraat het, het dit afgekeur. Hier was heelwat emosies by betrokke. Ek glo dat dit gebasseer is op daardie gedagte dat die mense van buite hulle krag steel. Die gesprek het maklik 'n uur geduur toe het Ualize die saak gedruk en gevra dat niemand verder hieroor moet gesels nie, maar dat ons nou net op 'n bedrag moet besluit, dalk minder as die 3400. Die een ouderling staan toe op en begin toe weer met stories oor hulle armoede, en die aktuaris maak hom toe stil en vra sy mening oor die bedrag. Hy moes hom drie keer stilmaak. Toe draai hy sy hele storie om en stem saam met die 3400 mt. Die fondasie vir die gesprek was dus nog te verkeerd om effektief hieroor te praat. Ek leun toe oor na Matique en se vir hom dat die saak nou verkeerd loop want daar word nou nie meer eerlik gepraat nie. Die ouderlinge aanvaar nou met die mond, maar hulle harte is baie emosioneel. Hy staan toe op en stel voor dat ons nie nou moet besluit oor die bedrag nie, want die algemene sinode gaan dalk in elk geval die bedrag weer verander. (Hulle druk vir regerings minimum salarise vir opgeleide mense wat op die stadium 7600 Mt is.) Die ouderlinge weet nog nie hoeveel dominees van buite kry nie, en dit is ook omdat die fondasies nog nie reg is nie.

As gevolg van die gesprek het Aubie na die tyd na my gekom en gevra dat ons nie nou sy geld deur die sinode moet stuur nie. Hy vra my om die saak met die ondersteuners te bespreek om die geld eerder deur Maputo sinode te stuur. (dalk moet mens 'n gedeelte deur die kerk stuur ter wille van die idee, maar dit het ook maar komplikasies, mens wil nie die wegsteek van inligting teenoor die ouderlinge graag ondersteun nie??)

Die probleem wat gesetel is in denkpatrone en tradisie, glo ek moet ook op daardie vlak aangespreek word. Dit is nie nou die tyd om dominees en kerkrade aan te spreek om transpirant te wees oor hulle hulp nie. Dit het wel gebeur in 'n gemeente waar 'n dominee vir my gevra het om vir die ouderlinge te verduidelik hoeveel hy kry en waarvandaan dit kom. Ek het videos oor die gemeente wat dit gee gewys met gesigte en boodskappe en toe vertel hoeveel hulle stuur. Na lang gesprekke het die gemeente besef dat hulle dominee nie daarop kan lewe nie en is daar verstaan dat die ondersteunende gemeente in 'n vennootskap met hulle wil gaan om saam die dominee te help. Hulle het toe hulle swak bydraes erken en gevra vir voorbidding van hulle ondersteuners om hulle lidmate te kan oortuig om meer by te dra vir die dominee. Hierdie is egter nog die enigste uitsondering. Die proses sal moet op 'n ander vlak plaasvind. Op die stadium is daar drie prosesse wat ek glo dit juis doen:

1. Visie konferensies (word gedurig aangepas). Toekoms denke is baie basies, verstaan van God is baie basies en dikwels meer gegrond op tradisionele denke as op die Bybelse openbaring. Visie dus baie vaag en hoop baie laag. Verandering word baie moeilik gedoen ens. Kerk en huislewe word nog nie geintergreer nie.
2. Rentmeesterskap saam met Nehemia en ander opleidings prosesse wat ook meer na die proses kyk.
3. Tweeling verhoudings waar daar stadigaan meer gekommunikeer word en vir mekaar gebid word. Die klein dingetjies bring 'n atmosfeer van diens wat baie belangrik is.

Die vraag is oor die bestuur van die subsidies. Wat is die toekoms daarvan? Hoe moet die proses verder? Handevat neem baie van die besluite en die KGA help met die bestuur van die geld en kommunikasie daaroor. Almal kry op die stadium 'n R500 per maand, daar is egter ongeveer binnekort weer 6 wat sonder hulp gaan wees. Daar is klaar 'n paar moontlikhede om die leemte te vul. DIt is maklik om die geld te stuur, maar om meer betrokke te raak vra baie en dit is nie almal wat geroepe voel vir daardie meer nie.

Groete

--
Danie Murray
Mosambiek: +258 82 717 4148
RSA: +27 82 721 3809
Huis: +27 21 982 8632
Volg die skakel om in te skryf vir die Handevat bediening se stories:
Click Here To Subscribe

No comments:

Post a Comment