Handevat

Bou 'n Christus gebasseerde roeping vir Afrika

Wat is die Here se wil vir ons vir vandag hier in die Suidpunt
van Afrika? Hoe lyk Sy wil in verskillende omstandighede?

Sunday, April 8, 2012

Gesprek met ateistiese persoon op bus

Sy sit op die bank oorkant my in die bus. Baie moderne en bietjie uitdagende kleredrag, baie sterk gekleurde blonde hare, en haar gesig stylvol, maar swaar grimeer. Kom agter sy gesels baie intilegent en het 'n lewendige belangstelling in die funksionering van die wereld en kulture. Sy studeer wet en ekonomie en gesels baie lekker oor wereldbeeld vanuit haar belangstellingsveld. Stel toe baie belang in my werk juis omdat dit ook op kulture en wereldbeeld konsentreer. Ons gesels seker 'n paar uur daaroor. In die gesprek teken ek die prentjie van my wereldbeeld wat begin by 'n God wat goed is en wat 'n goeie lewe vir die wereld wil bied. Hoe God se identiteit 'n waardestelsel daar stel wat mense help om die lewe te ontvang soos wat Hy dit gee. Hoe dit transformasie van ons manier van dink en ons waardes vra sodat die waardes 'n ander soort van gedrag daar kan stel. Hierdie gedrag het dan die nuwe lewe tot gevolg.
Sy vra vrae en luister regtig aandagtig. Sy kom agter dat sy nie haar waardestelsel regtig kan omskryf nie en nog minder met my kan deel oor waarop haar waardestelsel gebou is. Toe ek dit direk vir haar vra, toe antwoord sy dat sy dit nog nie uitgesorteer het nie. Mens kan sien dat dit haar pla, want sy besef dat dit die lewe bepaal en sy dus nog staan op ideale waardes, maar wat sonder fondasie nie die toets van tyd gaan deurstaan nie. Ook nie effektief oorgedra kan word aan ander sodat dit gemeenskappe tot voordeel kan wees nie.
Haar bekommerde gesig het my laat glo dat die Heilige Gees met haar besig is??
Daar is regtig geen ander sinvolle lewe as die sinvolle lewe deur ons opgestane Jesus Christus nie!

No comments:

Post a Comment