Handevat

Bou 'n Christus gebasseerde roeping vir Afrika

Wat is die Here se wil vir ons vir vandag hier in die Suidpunt
van Afrika? Hoe lyk Sy wil in verskillende omstandighede?

Saturday, August 14, 2010

Swaarkry en kwaad word van 'n Mosambiekse vrou

Dominee Zalimba hou Woensdag biduur en ek word uitgenooi. Dit is koud en nat en daar daag slegs so 8 vrouens en twee ouderlinge op. Daar word gesing en toe word skuld bely. Almal gaan staan op hulle hurke tussen die bankies en vra die Here vergifnis vir foute. My kniee hou dit net so halfpad deur die sessie toe moes ek maar so vooroor op my bankie gaan sit.
Kort-kort word gesing en gebid en boodskappies gegee. Ek kry ook 'n geleentheid en gebruik dit vir 'n gesprek oor Ps 74. Dit gaan oor die styd wat Asaf gehad het oor hoe goed dit met die ongelowiges gaan. Ek sluit by plaaslike wereldbeeld aan waar mense glo dat swaarkry in Afrika die bewys is dat God sy seen van hulle onttrek het. Verder gesels ons ook oor God wat goed is en vergelyk ek dit met die verhoudings wat hulle ken met die geesteswereld. Daar is nie goed of sleg nie en gevoelens speel nie 'n rol nie, dit is slegs ruiltransaksies. Die geeste sal help maar sal offerandes vra daarvoor ens. God se goedheid konstrateer duidelik met die soort van verhoudings. In die gesprek word daar ook gesels daaroor dat daar 'n toekoms is, tyd loop nie net in sirkels nie. Interesant genoeg vra ek hulle toe uit oor die geloof of iemand wat doodgaan weer terugkom. Een vrou wat redelik stil is maar aandagtig luister, antwoord toe dat dit so geglo word, want hulle sien soms kenmerke van iemand wat dood is in jong kinders. Met die erkenning van die groep kon ons toe dit vergelyk met 'n Bybelse werklikheid wat wys dat mens wel na die dood voort lewe, maar nooit weer terugkom nie. Dit breek die sirkelgang gedagte so bietjie. Teen die einde van die gesprek toe verduidelik daardie vrou dat dit boodskap vir haar nou baie geleer het. Haar ouers is vroeg dood en sy moes haar jonger sisters grootmaak. Toe is sy getroud en het 7 kinders by die man. Sy is die man se tweede vrou. Toe is een van haar sisters dood en die se kinders word ook by haar uitgeplaas. Intussen sorg haar man nie vir haar nie en sukkel sy vreeslik om vir hulle kos te kan gee. Dit bly 'n vreeslike gesukkel en sy het kwaad geword vir almal. Die boodskap het vir haar gewys dat die swaarkry nie daar is om te wys sy is niks nie, maar is deel van die pad waarin sy deur al die pyn daarvan kan groei. Sy is iets werd. Ek kan nie al haar direkte woorde onthou nie, maar sy het dit baie duidelik gestel.
Die volgende dag moes ek steeds oorbly in die gemeente want dit reen en ek is daar met die motorfiets. Die dominee en sy vrou grawe enige iets uit om vir my kos te gee, want hulle hou daarvan om die beste te gee. Daardie dag kom daardie vrou en bring 'n hoender om te kom dankie te se.