Handevat

Bou 'n Christus gebasseerde roeping vir Afrika

Wat is die Here se wil vir ons vir vandag hier in die Suidpunt
van Afrika? Hoe lyk Sy wil in verskillende omstandighede?

Tuesday, April 17, 2012

Understanding a Good God in rural congregations in Mozambique


Leaders from Dere congregation

Each visit is different than the other. There are some basic teachings which I see is important everywhere like: What is the calling of the Church and in particular a member of the church? What is church?

What stood out this time is the discussion about God that is good! The more I am talking to the congregations about this fact the more I am convinced that this is very close to the heart of Christianity. Naturally you first have to see God through faith as the most real reality. Without this basis, it is very difficult to talk about and evaluate what is in His heart. The other challenge when speaking to the rural elders en members of these congregations is the fact that the word good has a total other meaning. It varies in meaning depending in what relationship it is used. The act or idea that you are evaluating can be a bad thing, but because the person you are communicating to, like it, it is a good thing. The reason for this is because it is all about relationships. Therefore also, some things that are bad, can, in a specific relationship, be good. To understand how the universal good, looks like, is very difficult to comprehend.
In the discussions this is an interesting topic to start to understand that there are some things that are always good and to find some of them.
One example is to explain God’s heart from a word in Fil 2:1. In Chewa is used the word “Chisomo” and in Lolo they use the word “Tankarika”. (Hope I remember correctly the Lolo word). We tried to explain the meaning in different ways. One way was to first explain the position of us as humans before God. Firstly we are guilty and killed His son etc. What reaction do we expect from God? We also compare it with human reactions in similar situations.  Looking also at vers 6-7 to see how Jesus gave up His position. Because position here is also power, there is an understanding that He gave His power to us by becoming our slave. Then, if we understand correctly vers 1, He came and not only saw our struggles and pain, as result of our own strife, but He also feels it. He feels it not only then but today. Not only there, but here. Then He takes that pain and suffering and make it His own. We compare that with situations in this area, where people can make the suffering of others, their own. Not avoiding it as the custom, but go there confront and make it your own. To see God kneeling before us, without judging (Joh 3:17), but to save and help us. He also see and feel our suffering, not avoiding it. He then takes it on Himself and gave us the capacity to change it. That is always good if you do that.
Now we can add, if that is good, God is ALWAYS good. He does not change. If this is understood, it is clear that there are differences in the way that the spirits is handling their children and how God is handling His children.
From this understanding I try to take the conversations to things like: God, because He is good, intends for us an better life than the one we are living. We have to make our own choices, but to gain this life we need to give our life away. It means like Jesus giving away power and position to others. Other things are to be different than the world in leadership of service etc. There are so many applications of this basic understanding and I try to add as much applications as the time and process can provide.
The attitude is not to tell people what to do, but bring a basic biblical understanding on which they can base their own decisions. To evaluate what happens in lives of people is difficult, but how nice to see that biblical ideas make people exited. I will allow myself to say: Rural people living simple lives and with little understanding of a wider world, science, etc.  

Sunday, April 8, 2012

Gesprek met ateistiese persoon op bus

Sy sit op die bank oorkant my in die bus. Baie moderne en bietjie uitdagende kleredrag, baie sterk gekleurde blonde hare, en haar gesig stylvol, maar swaar grimeer. Kom agter sy gesels baie intilegent en het 'n lewendige belangstelling in die funksionering van die wereld en kulture. Sy studeer wet en ekonomie en gesels baie lekker oor wereldbeeld vanuit haar belangstellingsveld. Stel toe baie belang in my werk juis omdat dit ook op kulture en wereldbeeld konsentreer. Ons gesels seker 'n paar uur daaroor. In die gesprek teken ek die prentjie van my wereldbeeld wat begin by 'n God wat goed is en wat 'n goeie lewe vir die wereld wil bied. Hoe God se identiteit 'n waardestelsel daar stel wat mense help om die lewe te ontvang soos wat Hy dit gee. Hoe dit transformasie van ons manier van dink en ons waardes vra sodat die waardes 'n ander soort van gedrag daar kan stel. Hierdie gedrag het dan die nuwe lewe tot gevolg.
Sy vra vrae en luister regtig aandagtig. Sy kom agter dat sy nie haar waardestelsel regtig kan omskryf nie en nog minder met my kan deel oor waarop haar waardestelsel gebou is. Toe ek dit direk vir haar vra, toe antwoord sy dat sy dit nog nie uitgesorteer het nie. Mens kan sien dat dit haar pla, want sy besef dat dit die lewe bepaal en sy dus nog staan op ideale waardes, maar wat sonder fondasie nie die toets van tyd gaan deurstaan nie. Ook nie effektief oorgedra kan word aan ander sodat dit gemeenskappe tot voordeel kan wees nie.
Haar bekommerde gesig het my laat glo dat die Heilige Gees met haar besig is??
Daar is regtig geen ander sinvolle lewe as die sinvolle lewe deur ons opgestane Jesus Christus nie!

Friday, March 30, 2012

Our calling in our communities

This little story touch much of how I see God's heart towards a broken world.

Walk with Jesus through your community! May be as congregation! See in your mind what He see now and what He see for the future. Understand His heart.

Read the short story by following the link underneath.

http://darrowmillerandfriends.com/wp-content/uploads/2012/01/a-parable-of-vision.pdf

Monday, January 2, 2012

The Explosive Power of Listening

If you are serious about mission, have 10 minutes and would like to know more ways of making a difference. I recommend this short video:

Wednesday, November 17, 2010

Visie konferensie in Stellenbosch 14-17 Februarie

Picture
Die konferensie se doel is om die kerk wakker te maak, toe te rus en te mobiliseer om:

Te ontdek
God se visie wat gebore word uit Sy goedheid. Sy visie van vrede vervulling en die lewe in Volheid in alle aspekte van die lewe. Deur Christus genoem die “Koninkryk van God”.

Die transformasie proses waarmee God besig is.

Aanvaar
'n Bybelse wêreldbeeld wat uitgeleef kan word en so die waarheid, goedheid, en mooiheid in alle sfere van die lewe in te dra.

Beoefen
en leef uit 'n gestuurde hart deur God in ons geskep. Sien hoe die seer van opoffering gemeenskappe en kerke transformeer en mooi maak. Beleef trane van seer en blydskap soos God se plan deur ons ontvou en Bewonder die goeie hart van God.

Probleem
Afrika, ten spyte van 'n ryk erfenis, is 'n gebroke kontinent vol armoede, siekte, korrupsie en konflik. Ontwikkelingspogings het gereeld probeer om opheffing te doen met baie min sukses en selfs negatiewe sukses. Die vrugte van talle sending pogings het soms uitgeloop op mense wat 'n ekstra boei van religie ontvang het. Kerk het soms meer kom bind as vry gemaak. Animistiese denke van fatalisme veroorsaak 'n kontinent wat dikwels nie hoop het nie. Mense is slagoffers van die wil van die geesteswêreld asook van die natuur.

Die kerk het dikwels net die geestelike dimensie van mense aangespreek en word al meer as irrelevant vir die gemeenskap gesien ten spyte van 'n geweldige groei in lidmate die laaste 20 jaar.

Die kerk se geweldige potensiaal van die kerk lê dikwels nog onontdek.
Picture
Oplossing
Die kerk as aangestelde agent van God vir sosiale en kulturele transformasie is die oplossing. Die kerk is seker die grootste institusie in die gemeenskap met lidmate in elke sfeer van die gemeenskap. (kuns, besigheid, regering, opvoeding, ens). Dit is veral waar in Afrika waar daar ongeveer vier Miljoen kerke bestaan en wat 50% van die gemeenskap insluit.

Picture
Hiervoor het die kerk egter toerusting nodig met 'n lewende visie. Kom ons werk saam met die groep van Afrika mense wat van 1999 besig is om juis dit te doen.

Die konferensie help mense in Afrika nie net met 'n visie nie, maar ook met eenvoudige metodiek en opbou van persone om transformasie agente van God in hulle gemeenskap te word. Die toerusting word ook prakties toegepas, maak nie saak hoe arm mense is nie. Die klem word op die transformasie van denkpatrone en bring 'n Christelike wêreldbeeld as die oplossing vir holistiese transformasie.

Noord-Oos Mosambiek

Picture
Die gebied was altyd nog baie geïsoleerd. Die evangelie het eers in 1930 bekend geword op 'n beperkte skaal. Vandag is daar nog ongeveer 'n 4 miljoen onbereikte mense in die gebied. Van die kerke wat wel bestaan erken dat die evangelie nog nie 'n verskil gemaak het aan die tradisionele denkpatroon nie. In die Gereformeerde kerk is die proses van toerusting noual vir 2 jaar aan die gang en kan mens reeds talle resultate sien. Die proses waarin Handevat streef, is om oor 'n tydperk van 10 jaar die Bybelse wêreldbeeld, met visie konferensies wat aangepas is vir die omstandighede van Noord-Oos Mosambiek, te help vestig.

Die gereformeerde kerk stel die konferensies oop vir enige kerk en die proses word dus wyer as die kerk aangebied

Uitkomste
Die verstaan van die proses in die kerk in Mosambiek sodat almal betrokke die geleentheid het om dit te ondersteun.

Eie groei in 'n Bybelse wêreldbeeld.

Groei in die kerk in RSA.

Jeugwerk in Mosambiek

Picture
Behoefte
Die Geref Kerk in Mosambiek het vir 'n dag lank oor die nood vir jeugwerk gepraat. Die 300 kerkies sit Sondae vol met jeug wat meestal net deelneem aan kore, maar wat verder nie geleentheid tot groei het nie. Daar is 'n nood aan begeleiding van die jeug om God se bedoeling vir hulle te ontdek en uit te leef.

Die kerk het 'n huis en voertuig beskikbaar vir 'n voltydse sendeling. Die kerk vra vir 'n sendeling wat hulle kan help vestig aan 'n Sondagskool program en jeugprogram op sinodale vlak. Verder sal hulle bly wees as die persoon ook kan help om die geletterdheidskantoor se bedrywighede te help konsulteer.

Picture
Vorige projek
Daar was voorheen 'n projek vir die jeug waar jeug van RSA saam met jeug van Mosambiek al die kerkie besoek het en opleiding gegee het vir 'n paar dae. Die effek van so 'n eenmalige uitreik was nie baie groot nie. Daarna was 'n sendeling gestuur om ook elke gemeente te besoek saam met plaaslike jeug en programme aan te bied. Dit was egter nie volhoubaar nie.

Picture
Plaaslike inisiatief
Uit die kerk se jeug het inisiatiewe begin met veral weeskinders en op vlak van Sondagskool. Die inisiatiewe was baie opwindend, maar bereik kinders op baie kort termyn en ook net op 'n paar fokus punte. Dit is egter 'n geleentheid wat gebruik kan word.
In 'n laaste besprek met die jeugleiers (het 'n video oor hulle boodskap aan RSA), het ek gesien dat daar werklike begeleiding nodig is om hulle inisiatief verder te vat. Daar is 'n tekort aan 'n bybelse fondasie.

Picture
Hier is van die kinders besig met 'n drama. Twee paddas spring na Noag se ark!
Droom
Ek sien 'n gemeente of groep in RSA wat die jeugwerk in Mosambiek onder die 300 kerkies op die hart sal dra en die kerk sal help begelei om daarvan 'n sukses te maak. Eienaarskap behoort aan die kerk, maar het net begeleiding nodig om 'n volhoubare jeugwerk op die been te kry. Die groep kan 'n voltydse sendeling stuur of 'n persoon of persone een of twee keer 'n jaar opstuur om saam met die kerk die pad te loop. Daar is dan ook 'n sendeling wat belangstel om te gaan en die groep kan dan saam met die sendeling die uitdaging aanvaar.
Volgende stap
Kontak my indien u of u gemeente of groep belangsel om betrokke te raak. Dan kyk ons of daar genoeg belangstellendes is om 'n gesamentlike gesprek te reel.